- To
-
Barbara Creecy
- From
-
H van Gerve
- Subject
- Voorgestelde addisionele belasting op voertuig lisensies
- Date
- July 16, 2026, 2:29 p.m.
Geagte dame,
U het voorgestel dat addisionele belasting gehef word op motorvoertuig lisensies omrede elektriese voertuie geen petrol of diesel gebruik nie. Dit beteken n verlies vir hierdie regering, maar dit is dieselfde regering wat jou aanmoedig om elektriese voertuie te koop.
My vraag is nou, hoekom moet ek wat n petrol voertuig het meer betaal op my lisensie geld, want ek gebruik steeds petrol waarop n helse bedrag belastings gehef word. Dink u dit is enigsens regverdig? Soos u tans bewus is betaal ons reeds dubbeld vir petrol wat in 2012 dieselfde olie prys en dieselfde Rand/Dollar wisselkoers gehad het. Toe was petrol, 95, R12.06 per liter, nou is hy met dieselfde wisselkoers syfers R25. 00 per liter.
Ek sou voorstel dat u weer gaan kyk wie koop elektriese voertuie, belas hulle en los ons wat petrol voertuie uit, asb. Ons betaal reeds hemelhoë belasting wat al hoe meer mense in n wurggreep plaas.
Ek sien uit na u kommentaar.
By voorbaat dank
Future replies will be published here.