Uiters besorgde burgers

Etienne Naude sent a message to Pieter Groenewald.

To
Pieter Groenewald
From
Etienne Naude
Subject
Uiters besorgde burgers
Date
May 3, 2020, 2:57 p.m.
Geagte Dr Pieter Groenewald

Ons kom met n nederige hart na u.

Vandat Covid19 die land bereik het, voel ons dat ons regte stukkie vir stukkie van ons menslikheid, weggeskeur word.

Eerste het ons geskrik vir hierdie verskriklike siekte. Nou blyk dit dat hierdie siekte net as verskoning gebruik word om die land te transformeer na rou kommunisme.

Ek gaan vir u iets aanhaal van n onbekende persoon wat dit geskryf het, ek voel hier is n groter bedreiging aan die broei as net Covid19:

"DIE BEDOELDE OF ONBEDOELDE GEVOLGE VAN DIE INPERKING.

Dit lyk my dat mense nie die tekens lees van wat werklik gebeur nie. Hulle verstaan nie wat President Cyril Ramaphosa bedoel het toe hy gepraat het daarvan dat die geleentheid benut moet word om radikale ekonomiese bemagtiging te bewerkstellig nie. Hier is 'n paar gedagtes van wat ons sien besig is om te gebeur.

1) 'n Baie groot persentasie middelslag besighede is een-man besighede in die hande van witmense, veral in die gasvryheidsbedryf. Hulle gaan bankrot speel. Net swart besighede word gehelp. Mnr.Mboweni was baie duidelik daaroor dat die gapings wat gelaat word, sal deur nuwe interpreneurs gevul word. Hou die ekonomiese kraan lank genoeg toegedraai en jy dwing miljoene witmense tot die bedelstaf en skep geleenthede vir SEB en die Sjinese kamerade om die gapings te vul.

2) Dit gaan eiendomspryse in voorheen middelklaswoonbuurte in sy peetjie laat val. Mense gaan op die lang duur nie hulle verbandpaaiemente kan betaal nie en hulle huise verloor. En so gaan baie huise in gegoede buurte op die veilings beland en beskikbaar word vir die regering se behuisings- en integrasieplan.

3) Praatjies oor EWC het reeds plaasgrond se pryse laat val. Droogtes het baie wit boere op hulle knieë. Nou mag boere nie eens patrolleer om hulle oeste en vee te beskerm nie. In sekere dele van die land word hulle rot en kaal besteel. Dit gaan plaas grond se pryse nog verder laat val en moontlik baie boere van die grond af dwing. Slegs klein opkomende boere word deur die regering gehelp. Mnr.Mboweni was uitdruklik daaroor dat hulle nuwe boere op beskikbare grond sal vestig.

4) Die wynbedryf en daarmee saam die drankbedryf word op sy knieë gedwing deur die verbod op verkoop van drank, En so ly ons ekonomie daar onder. Wynplase wat astronomiese bedrae kos, se pryse gaan ook val en die bedryf binne die bereik van SEB plaas.

5) Die konstruksiebedryf was voor die sluiting alreeds baie diep in die moeilikheid. Baie konstruksie maatskappye gaan nie weer oopmaak nie. Skole is vernietig wat nuwe konstruksie werk skep. Dit gaan aan SEB toegeken word.

6)Indien inperkings ooit opgeskort word en mense probeer herstel, wurg beurtkrag die laaste lewe uit hulle sterwende besighede en onderneemings uit.

7) Privaat lugvaartmaatskappye soos Comair gaan nie lank sonder inkomste kan oorleef nie. Hou hulle lank genoeg op die grond en hulle is bankkrot. Dit laat 'n monopolie vir die staat se SAA oop. Is dit waarom daar nie besluit is om die SAA toe te maak nie, maar die regering met die vakbonde saam 'n vergadering gehou het sonder die sakeredders en besluit het om 'n nuwe vaartbelynde lugdiens te skep?

8) Gaan ons 'n toename in staatsbeheerde maatskappye sien soos in Sjina eerder as privatisering van staatsondernemings? Ons dink so!

9) Die selfoonmaatskappye is toegelaat om ongehinderd voort te gaan
met besigheid. Die verkoop van data en aanverwante produkte het waarskynlik in dié tyd die hoogte in geskiet. Ons word gewoond gemaak aan 'n lewe wat deur die tegnologie van die 4G/5G nywerheidsrewolusie beheer word. Terwyl die virus skaars Sjina geaffekteer het waar dit ontstaan het, is die VSA feitlik op sy knieë. President Donald Trump wou Huawei verbied en President Cyril Ramaphosa het hom as kortsigtig bestempel. Gaan ons sien dat Huawei byvoorbeeld Apple oorneem? Soos baie van die sleutel Italiaanse besighede blykbaar reeds in Sjinese besit is?

Dit lyk vir my Covid-19 het soos 'n ryp appel in die ANC en ander magte se skoot geval om sosialistiese/kommunistiese herstrukturering deur te druk wat hulle op geen ander manier kon regkry nie."

Ons kort U hulp. Ons word uitgestoot uit die samelewing wat krities is vir ons oorlewing as minderheidsgroep. Dr Dlamini Zuma wat sommer vir President Cyril Ramaphosa besluite maak (hy het dit sekerlik toegelaat, anders sou ons weer gehoor het oor die media hoe hy haar tug) was die laaste strooi met die sigarette wat van die mense van Suid Afrika ontneem is.

Geensins niks van die ander instellings maak sin nie.

Ons het n beweging begin waar mense begin opstaan vir hul regte. Ons wil graag een van die dae n vredesoptog hou, maar ons het nog nie die regte kontakte nie. Ons wil dit graag so doen dat daar geen skade of uitbuiting aan die groep gerig kan word van die regering se kant af nie.

Hoop om spoedig van U te verneem

Byvoorbaad Dank.

Etienne Naude, Marietjie Davel en ons beweging March For Your Rights.

Future replies will be published here.