Reg op Menswaardigheid

Phillip Myburgh sent a message to John Henry Steenhuisen.

To
John Henry Steenhuisen
From
Phillip Myburgh
Subject
Reg op Menswaardigheid
Date
Dec. 22, 2020, 6:39 p.m.
Geagte meneer Steenhuisen.

Vir my as kieser is dit verblydend om te sien dat u en die DA opstaan teen die ANC , met gemengde sukses .

Weet nie wat in die hofstukke aangevoer was met die toemaak van die strande en die gepaardgaande finansiele implikasies wat dit het op die inwoners van die Tuinroete nie .

Glo egter dat as u die Handves van Menseregte nader getrek het en die saak vanaf n Menswaardigheids oogpunt baklei het , u n redelike mate van sukses kon gehad het .

Die reg op Menswaardigheid word net soos die reg op Lewe in Hoofstuk 2 van ons Grondwet beskerm .

Word die Menswaardigheid van die inwoners van die Tuinroete nie direk aangetas indien hulle hul besighede verloor nie , hulle lewens word verwoes deur eensydige aankondigings vanaf ons ANC regering .

Op 15 Mei 2020 het regter Fabicius van die Noord Gautengse Hooggeregshof , in die saak Xhosa teen die regering in sy uitspraak , ten minste by 4 geleenthede , gesè dat jou Menswaardigheid nooit , nie eers onder die Ramp toestand aangetas mag word nie .

Hoe Menswaardig is dit as jou besigheid nie kan voort bestaan nie , nie as gevolg van jou toedoen nie , maar as gevolg van die toedoen van die huidige regering .

Ek glo vas , dat die regering sy eie Grondwet verkrag , en ons as kiesers laat hulle toe .

Wys u en die DA u staal deur die Regering aante vat op die reg van Menswaardigheid , u moet sukses behaal . Die Handves van Menseregte sè so !

Indien u meer inligting wil hè , kontak my . Die Menseregte Kommissie kon my in die afgelope 7 maande nog nie verkeerd bewys het nie .

Future replies will be published here.