Parole board

Andriette Schulz sent a message to Pieter Groenewald.

To
Pieter Groenewald
From
Andriette Schulz
Subject
Parole board
Date
July 10, 2024, 7:14 p.m.
Goeie dag Dr Groenewald. Ek hoop dat die boodskap u vind. Ek sit al van February met n saak. My dogter is in 2011 deur my eksman verkrag. Hy het 8jaar van sy 15jaar vonnis uitgedien. Hy is tans uit op parool. Ons het geen kennis gedra dat hy op parool sou uitkom nie. So het dit onder ons aandag gekom dat hy op skoolgronde saam met kinders is. My dogter het vir ons n foto gewys wat haar niggie (12) op haar status gedeel het. Ons het onlangs n baie onsmaaklike besoek met die Parool board gehad in Malmesbury. Ons is glad nie verstaan in ons klag nie en het geen antwoorde gekry nie. Ons wil graag weet hoe n parolee wat uit op parool is en sekerlik op die sex offender register is, op n Saterdag oggend op skoolgronde kan wees saam met ander kinders van dieselfde ouderdom? Ek is nie seker hoe ons as familie van die tragedie moet veilig voel nie. Hoe kan ons te werk gaan om hierdie persoon van die strate af te kry?

Future replies will be published here.