- To
-
Saintes Harry Mclove Van Wyk
- From
-
Peet Nel
- Subject
- OPPERMANS FAMILIE
- Date
- June 18, 2025, 10:45 a.m.
Waarde heer, my belang by hierdie familie in die Koffiefontein distrik is bloot uit groot deernis. Ek was verbonde aan die Dept van Landbou in die Vrystaat en om lang storie kort te maak sukkel hul om van die grond af te kom na herstel van hul grondregte. Ek sou graag vra dat u hulp kan verleen op die sosiologiese vlak wat benodig word om weer as familie saam te leef.
Hul vader, Frederik Salomo Opperman, se groot droom was dat sy nageslagte met trots sou kon sê: "EK IS 'N OPPERMAN!"
Kan u moontlik help om hulle weer volledig menswaardig en suksesvol as 'n FAMILIE te laat wees.
Mnr Philip Barnes aldaar is een van die leiersfigure waarmee u kontak kan maak. Ek het ongelukkig sy foonnommer nie, maar ek glo u sal dit maklik kan opspoor.
Ek dank u by voorbaat.
Vriendelike groete,
Peet Nel
Future replies will be published here.