'n Stukkie waarheid
Dom Boer sent a message to Veronica Van Dyk.
- To
-
Veronica Van Dyk
- From
-
Dom Boer
- Subject
- 'n Stukkie waarheid
- Date
- July 16, 2020, 5:39 p.m.
Humorsin en intelligensie is soos 'n siamese tweeling. Hulle loop altyd hand aan hand. Waar jy die een kry, sal die ander een sekerlik ook wees. Die teenoorgestelde is ook waar: Waar humorsin ontbreek, sal jy tevergeefs soek na intelligensie of gesonde verstand.
- From
-
Veronica Van Dyk
- Date
- July 22, 2020, 3:41 p.m.
Gelukkig is elkeen geregtig op sy eie opinie. En indien die spesifieke
voorstelling werklik vir jou humoristies is en intelligensie en humorsin
hand aan hand gaan, dan laat ek hierdie sin met 'n oop einde.
Die mediaverklaring kan dit moontlik laat lyk het asof daar' n gebrek aan
humorsin van my kant was, maar daar is ook 'n gebrek aan volledige
toeligting, want die vraag vir 'n ondersoek sluit ook ander insette in, wat
moontlik 'n beter begrip sou meebring.
Ns. Die boere wat ek ken, kruip nie weg agter skuilname nie. Veral nie wat
op hul humorsin reflekteer nie....