Israel en apartheid
MP van den Berg sent a message to Ganief Hendricks.
- To
-
Ganief Hendricks
- From
-
MP van den Berg
- Subject
- Israel en apartheid
- Date
- Dec. 26, 2025, 4:07 p.m.
Geagte Mnr Hendricks
Ek verstaan dat jy op die oomblik betrokke is om ‘n wetsontwerp in die parlement
op te stel saam met ander waarin die staat ISRAEL as ‘n ‘apartheid staat’ geklassifiseer word.
Apartheid is deur die Verenigde Nasies as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar.
Julle beoog hiermee om almal in SA wat Israel ondersteun aan te kla van apartheid.
In die eerste plek bestaan daar geen bewyse dat Israel ‘apartheid ‘ toepas nie , dus is
dit nie waar nie. Meneer jy haat Israel daarom probeer jy onwaarhede gebruik om hulle
te na tekom. As jy die sonde van haat pleeg , is jy besig om jouself te vernietig.
In die tweede plek wil ek jou verwys na ‘n teks in die Bybel.
As Moslem lees jy seker nie die Bybel nie maar ek gaan die teks vir jou aanhaal.
In Genesis 12 : 2-3 sê die GOD van die Bybel aan Abram :
EK sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën ......... en EK sal seën diegene wat jou seën
en hom vervloek wat jou vervloek......... Dit is bedoel vir hom en sy nageslag.
In vers 7 sê HY : .... aan jou nageslag gee EK hierdie land.
Verder sê Bileam (‘n profeet) aan Barak (‘n heidense Koning) :
GOD is nie ‘n mens dat HY sal lieg nie. Sal HY iets sê en dit nie doen nie.
Meneer jy is besig om ‘n vloek oor jou en jou party te bring.
As jy daardie wetgewing tot stand bring gaan jy ‘n vloek oor julle loslaat.
Kyk wat het met Hamas en Hisbola gebeur. Hulle is vernietig.
Iran is verneder. Die ANC regering het vals klag teen Israel gebring en hulle besig
om baie stoom te verloor.
Ek wil nie lelik wees nie , maar ek voel ek wil jou waarsku oor wat die gevolge
gaan wees as jy hiermee aanhou
Ek wil voorstel dat jy die volgende boek lees.
Dit is geskryf deur ‘n Moslem en hy is die seun van een van die stigters van Hamas.
SON OF HAMAS deur Mosab Hassan Yousef.
Dit is ‘n ‘eye opener’
Vriendelike groete
MP van den Berg
Future replies will be published here.