- To
-
Leon Amos Schreiber
- From
-
Chantelle de Kock
- Subject
- ID kaart aansoek vir 87jarige Stelsel is nie mens-vriendelik nie
- Date
- Oct. 19, 2026, 12:55 p.m.
Geagte Minister
My ma is 87 jaar oud. Sy kan nie loop nie, is afhanklik van 'n rolstoel en doof. Die sirkus (wat regtig nie snaaks is nie) begin met 'n besoek aan ABSA bank om van die diens wat DBS lewer in sekere banke gebruik te maak om 'n kaart ID te kry. My ma weet nie van apps op 'n foon aflaai nie en in elke geval is haar telefoontjie iets wat in n museum hoort. Nie dat sy kan hoor nie want sy is doof. Na 'n lang gesit is iemand van die DBS so gaaf om haar te help - net om haar weer onverigtersake te laat gaan want....sy het nie vingerafdrukke nie en sy sal na 'n DBS tak moet gaan om dit op te klaar.
Nou begin die sirkus want daar moet 'n afspraak gemaak word by 'n DBS. Die naaste tak se kalender is reeds tot in die verre toekoms vol, so ons is genoop om na 'n buite dorp naamlik Malmesbury, te gaan. Die dorp is 'n redelike afstand van waar sy woonagtig is, die ingang vir rolstoele is opdraand, deur 'n stram hek en daar moet om die gebou geloop word. Uiteindelik in die gebou begin die skuifelgang want die rolstoel is swaar en daar is baie mense. Dan gaan die skuifelgang verder - tot iemand wat nommers toeken. Met die nommer word daar gewag vir verdere aksie. En gewag en nog gewag en uiteiendelik is die heilige graal voor haar - 'n amptenaar agter 'n rekenaar. So word data ingetik en die amptenaar deel haar mee dat die aansoek tussen 3 tot 4 weke sal duur. Dan is dit tyd vir 'n foto en vingeradrukke. O weë - hier gaan ons in die dal van doodskadu in - my ma het nie vingerafdrukke nie. Dis vingers druk , vingers strek, iets word op vingerpunte gespuit - helaas geen vingerafdrukke nie. Die hoofman oor honderd word geroep - daar word weer vasgestel dat daar nie vingerafdrukke is nie maar dit sal "overide" word. Nou begin die wag.... Na 4 weke gaann my ma weer na die DBS net om daar te hoor dat hulle nie weet wie vir haar gesê het 3 tot 4 weke nie want dit vat baie lank. Ons word 'n lys van telefoonommers in die hand gestop om die proses te volg. Ek bel die nommers herhaaldelik - die enigste amptenaar wat sy foon antwoord deel ons mee dat hy kan die sê waar die aansoek tans is nie, maar dat dit baie lank gaan neem en dat daar baie tyd spandeer word veral met die probleem met vingerafdrukke wat nie bestaan nie. Nou huil my ma al want sy het ook vanaf Augustus haar SASSA geld ontvang nie, Ons moet nog die moed bymekaarskraap om op die sypaadjie voor SASSA te gaan slaap, maar daar sal ook vingerafdrukke vereis word - wat nie bestaan nie, waarvoor die ID benodig word en in der dagen zat sal sy reeds onder die grond wees teen daardie tyd dat iets gedoen word.
Help asseblef tog
Groete
Future replies will be published here.