- To
-
Leon Amos Schreiber
- From
-
Ria Pienaar
- Subject
- ID dokumente
- Date
- Oct. 1, 2026, 1:11 p.m.
Geagte mnr. Schreiber,
In sake die ID kaart. By woorde soos gehoor op RSG, is die inligting wat u gee nie korrek nie. Die Standard Bank by Century City, Kaapstad, vereis dat ek aanlyn moet aansoek doen vir die ID kaart. Ek is 'n bejaarde enkel lopende vrou wat nie hulp het nie, ek weet en verstaan nie hoe om sake aanlyn te doen nie. Die mense by die bank is nie bereid om my te help nie. Dus sal ek nie 'n ID kaart kan kry nie.
My versoek is dat u of die banke sal aanspreek, of vir my advies gee oor hoe om te werk te gaan om die ID kaart te kry.
Baie dankie.
Ria Pienaar.
Future replies will be published here.