Electricity problems in The Reeds/Thatchfield Centurion

Gretha van der Merwe sent a message to John Henry Steenhuisen.

To
John Henry Steenhuisen
From
Gretha van der Merwe
Subject
Electricity problems in The Reeds/Thatchfield Centurion
Date
March 17, 2022, 7:05 p.m.
Geagte Meneer Steenhuisen,

Kragonderbreking en herstel daarvan in ons area.

Soos bo aangedui, is ons kragverbindings reeds vanaf 16 Maart om 6:00 uur af, dus nou 2 vol dae. Die hele Centurion area het 'n probleem gehad, wat reggestel is, maar die bogenoemde area krag is steeds nie reggemaak nie. Hulle het gisteraand aangedui dat daar 'n stukkende part is wat hulle eers vanoggend kon kry.

Intussen is daar grootskaalse onluste by Olienvenhoutbosch (ons bure) - wat ons werklik verstaan nadat hulle reeds TWEE weke sonder krag is! Die werkers, wat nie aan die ONWETTIGE staking van die munisipaliteit deelneem nie, is nou glo te bang om te werk! Intussen is ons sonder krag en uitgelewer aan ons eie genade.

Ons stadsraadslid - ja, hy is van die DA- kry minder as niks reg nie. Hoekom kan die DA wat die regerende party in Tshwane is, nie die polisie opkommandeer om hierdie werkers te beskerm nie? Thatchfield was bereid om buite mense te kry om te help, maar dié mag kwansuis nie aan hierdie stelsels peuter nie... HUlle het ook aangebeid om wagte beskikbaar te stel.

Ek weet nie hoe gereeld jy na jou e-posse kyk nie, maar hoop van harte jy kan ons in hierdie verband help - of dan jou leiers in ons stad van hulp bedien.

Wat wil ons hê? Elektrisiteit en asb gou ook! Ek hoef sekerlik nie te noem wat die koste is om kragopwekkers aan die gang te hou nie - iets wat ons as gesin nie die luukse van het nie.

EK hoop om binnekort iets in hierdie verband te hoor.

Groete,
Gretha van der Merwe

Future replies will be published here.