DRAFT AMENDMENT TO THE FCA

Werner Alberts sent a message to Francois Beukman.

To
Francois Beukman
From
Werner Alberts
Subject
DRAFT AMENDMENT TO THE FCA
Date
Oct. 18, 2018, 8:56 a.m.
Beste Mnr Beukman,

Ek wil graag kapsie aanteken teen die voorgestelde "amendment to the FCA" aangaande selfverdediging. Dit is 'n skending van my grondwetlike reg om my self te verdedig. In 'n land waar die polisie stelsel nie meer doeltreffend funksioneer nie, en waar die moordsyfer 5.2 keer hoër is as die wêreld gemiddeld, is dit totaal onaanvaarbaar om my reg tot lewe deur die wet in te perk.

Verder is die wet wat ammunisie beperk tot 25 rondtes per wapen heeltemal absurd. Eestens word ammunisie in pakke van 50 verkoop vir sekere kalibers, tweedens skiet mens meer as 25 rondtes uit by 'n oefening. As 'n wetgehoorsame landsburger & 'n skut wat gereel skiet stel ek voor die wet wat ammunisie betref word nie verander nie.

Dit is eienaardig dat die wet slegs op wetsgehoorsame landsburgers van toepassing is en dat die onwettige elemente kan voortgaan met die moord en doodslag wat tans in ons pragtige land heers.

Future replies will be published here.