Die Regering van Nasionale Eenheid

André Bekker sent a message to Cornelius Petrus Mulder.

To
Cornelius Petrus Mulder
From
André Bekker
Subject
Die Regering van Nasionale Eenheid
Date
Feb. 15, 2025, 9:10 a.m.
Goeiemôre Mnr Mulder

Ek het vanoggend na die onderhoud geluister wat jy met Mnr Hogg van BizzNews op die 5de Februarie gehad het. Dit het my weer hoop gegegee. Wat jy gedeel het en die oortuiging waarmee jy dit gedeel het, resoneer met my.

As kieser is ek nie gemaklik met die huidige stand van sake van die VF Plus se posisie in die Regering van Nasionale Eenheid nie. Ek glo julle word misbruik.

Ek hoop van harte die 22ste Februarie gaan vir die VF Plus sterk beginselvaste leiers in die regte invloedsfere plaas, wat die Afrikaner binne die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap gaan "make Afrikaner great", tot voordeel van die hele Suid-Afrika.

Afrikaners kan! En Afrikaners het daardie vermoë en daar is geleentheid. Afrikaners is onverskrokke en hulle kan hulleself laat geld tot voordeel van almal in Suid-Afrika. Suid-Afrika benodig sterk rigtinggewende, beginsilvaste, onverskrokke leierskap, soos ons sien in Donald Trump.

Sien my Ope Brief by die skakel https://maroelamedia.co.za/debat/briewe/lesersbrief-die-vf-het-ons-verraai/. Ek glo dit is van belang vir die VF Plus om van kennis te neem.

God seën en bemagtig jou in die roeping waartoe jy geroep is.

Groete

André Bekker

Future replies will be published here.