Dankie
Philip sent a message to Gerhardus Willem Koornhof.
- To
-
Gerhardus Willem Koornhof
- From
-
Philip
- Subject
- Dankie
- Date
- Feb. 21, 2018, 5:05 p.m.
Beste Gerhard,
Dankie vir jou mooi ondersteuning van die jongman Malusi Gigaba vandag tydens en na sy moeilike maar welgedane begrotingstoespraak. (Hug).
Ons hoop jy word 'n kabinetslid.
Ek tree oor 10 dae af en dan het die liewe NG KERK nie meer houvas op my toekoms nie.
Ons gaan Suna se hopie grond in Johannesburg agterlaat en nuut begin op Calitzdorp.
Roep maar as julle ons nodig kry vir ons land. Christa weet immers iets van wetenskap,
en ek dink ek kan praat.
Groete (met heimwee oor die ou dae by UP Dagland lank gelede),
Philip Venter
- From
-
Gerhardus Willem Koornhof
- Date
- Feb. 24, 2018, 1:16 p.m.
Middag Phillip
Was dit nou ‘n verrassing om van jou te hoor! Dankie vir die mooi woorde en goeie wense. Ek weet nog nie waar en of ek gaan inpas nie, maar ek is optimisties en vol hoop vir ons nuwe era! Dit het vier jaar van baie, baie harde en slim werk geverg. Meer as dit: ons gebede is verhoor!
Sterkte met julle nuwe begin!
Ek het net goeie herinneringe van ons Dagland dae!
Kom ons bly In kontak. Sien my e-pos adres hierbo.
Groete.
Gerhard.