Asking assistance please and thank you

Elona sent a message to John Henry Steenhuisen.

To
John Henry Steenhuisen
From
Elona
Subject
Asking assistance please and thank you
Date
May 20, 2025, 11:36 a.m.
Goeie middag Meneer Steenhuisen

Ek glo dit gaan goed met u. Ek is jammer om te pes en pla, maar u hulp het ek nodig asb.

My man en seun ontvang net ongeskiktheids pensioen. My seun is nou 22, moedeloos. Hy kry nerens hulp om 'n paar kallers of skape aan te koop nie, hy is 'n boer. Ons hele gesin kom van die plaas af.

Ja, hy kon 'n bakkie bestuur op 7. Hy kan draad span, boer, rekkies aansit, spuit, slag, verpak. Dit is sy passie.

Meneer Steenhuisen, hoe moet ek my kind help? 10 jaar terug het my man probeer aansoek doen vir 'n plaas en hom waragtig deur die landbank laat gaan kyk na plase en toe hy teruggaan, toe sê hulle net 'sorry', kan nie jou help.

Nee, ons vra nie nou 'n plaas nie meneer Steenhuisen, ons huur 1 nou al vir 6 jaar, ons het baie water, weiding, hokke, ondervinding, maar geen hulp. As ons gelukkig is om 'n hanslam te kry, dan kry ons hom groot, en later is sy doel om verkoop te word of om te slag vir die huis, daar is nog nie genoeg om mee besigheid te doen en dan te begin boer nie.

So wat wil ek nou he? Ek vra u hulp! Asseblief Meneer Steenhuisen. Help my seun, of my man of altwee om 'n paar diere te kry om te kan begin boer asseblief. Sassa pensioen maak nie 'n deurbraak, as jy daaruit moet huur en krag betaal nie. As 'n feit, het ons geen bakkie of vervoer middel nou al vir 'n jaar nie Meneer Steenhuisen. Ons loop letterlik 2 kilometer hek toe... Hike... Dorp toe, dra wat jy ookal gekoop het terug en dan gaan ons aan. Dit is 'n verskriklike ondervinding elke keer as daar 'n voertuig stop en jy weet nie wie jou gaan optel nie, vreemde mense. Hoe sal jy nou weet vir watter motief word jy opgetel? Nee asseblief Meneer Steenhuisen, dit gaan rof, is net die screensaver...

Nee asseblief Meneer Steenhuisen, absoluut, absoluut, absoluut enige, maar enige hulp deur u departement sal met oop dankbare hande ontvang word.

Ons is nie daai mense wat die vlaktes wil inhardloop agter Amerika aan nie. Ons bly net hier. Ons is lief vir ons land, ons is lief vir ons mense.

Asseblief Meneer Steenhuisen, kyk tog hoe u ons asseblief kan help, op enige manier denkbaar. Hel, al kry ons net 10 kallers of 10 skape, genugtig, wat 'n blessing sal dit wees! Dit is iets om mee weg te spring.

Ons bly al 6 jaar op die plaas, ons gaan nie weghardloop en nie die gelde teruggee vir die landbank nie, jul geld sal jul terugkry. Ek smeek net vir 'n hupstoot asseblief meneer Steenhuisen.

Jammer dat ek u gepes en gepla het, maar ek weet nie hoe om my kind te antwoord sonder 'n antwoord nie. Hy kan eenvoudig nie verstaan, dat ons in 'n land bly, maar hy kry nie hulp nie, dit is die grootse klap in sy gesig. Help my hom help om uit sy depressie gat te kom asseblief. Absoluut enige hulp meneer Steenhuisen... Hy kan boer met beeste, skape, varke en hoenders. Hy het nog net nie die geleentheid gehad om met boerbokke te boer nie.

Baie dankie

Future replies will be published here.