- To
-
Cilliers Brink
- From
-
hendrik greeff
- Subject
- ANC en Hoogverrad asook Grondwet
- Date
- July 7, 2022, 9:26 p.m.
.Geagte Celliers. As ek kyk wat nou in Engeland afspeel met Boris,agv 'n verontagsaming van 'n Covid maatreel, dan wil ek glo, omdat geen ANC minister bedank het agv die bevindings van die Zondo kommissie tov Staatskaping nie, dat dit oorweeg moet word om die kabinet asook die ANC van Hoogverrad aan te kla teen die inwoners van RSA. Ek het dit, asook die aspek wat ek hieronder gaan aantree verlede week met Prof. Andre Duvenhage bespreek en sy gevoel is dat dit 'n geldige vraag is om te vra. Het die DA al die moontlikheid met ander opposisie partye bespreek en/of hul gevoel daaroor te kry. Ek is verstom dat almal so passief is. Al sou so 'n proses nie slaag nie, dan kan die reaksie wat dit veroorsaak, tydsberekening in ag genome, 'n
beduidende impak he op die volgende algemene verkiesing.
Die volgende saak is vir my amper van groter belang. Die ANC is vanuit alle oogpunte beskou in 'n hoek geverf, en daar is geen manier dat hul daaruit gaan kom nie. Ek probeer buite die boks dink om 'n moontlike scenario wat kan ontwikkel in die vooruitsig te stel. Die ANC moet ten alle koste tot 2024 aan bewind bly , Dit is hul 1ste prys. Sou van hul parlementslede bedank, gaan die appelkar omval. As jy in so 'n on omkeerbare situasie is , dan raak jy radikaal in optrede, dan gaan jy vir 'n alternatiewe opsie om te kan voortbestaan, onder die voorwendsel dat die huidige demokratiese/kapitalistiese stelsel die land gefaal het. Die pres. het reeds op meer as een geleentheid verwys na, en ek haal hom aan " a new dispensation in which some of us will have to make some sacrifices " Hy het soos gewoonlik, nie daarop uigewei nie.
Nou vra ek die vraag, wie gaan die Regering/ANC keer om die Parlement te herroep , die Grondwet nietig te verklaar, en 'n nuwe regeringsformaat in plek te stel met kommissarisse ( kaders ) om provinsies te bedryf en 'n eenparty stelsel ( a la Zim ). Soos sake tans staan kom weinig van die ANC ministers/partylede die eed na. So. dieselfde sal in 'n nuwe bedeling net so voortgaan. Was dit wat adj pres Mabusa 'n tyd gelede in Rusland gaan aanmekaartimmer het ? Dit is myns insiens al kaart wat die pres oor het om te speel om aan bewind te bly, en glo my hy sal dit gebruik.
Ek mag verkeerd wees om so te dink, maar Prof Duvenhage deel my siening dat dit 'n geldige vraag is om te ondersoek.
U kommentaar hierop sal waardeer word
Ek woon in Gordonsbaai, groter Kaapse metropool
Future replies will be published here.